Klein Karoo Nasionale Kunstefees

A Victor Borge Tribute

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir A Victor Borge Tribute

Akteur: Winand Grundling (klavier)

Regisseur: Winand Grundling

Vervaardiger: Erns Grundling

Winand Grundling, bekend as ’n top-orrelis, is ook ’n virtuose pianis en iemand met ’n natuurlike instink vir improvisasie en komedie. Hy het in die legendariese Victor Borge (1909-2000), die Deens-Amerikaanse komediant en pianis, inspirasie gevind om sy eie talent ten toon te stel met ’n fyn uitgewerkte huldeblyk wat daarna streef om Borge se werk aan plaaslike gehore bekend te stel. Borge se speelse en vermaaklike styl, tesame met foutlose tegniek, word deur Winand geïnterpreteer en op die planke gebring in ’n konsert wat beloof om gehore te laat skater én te stem tot nadenke.

Speeltye · 65 min

  • Sa 28 Mrt · 13:00Absa Studio (Banketsaal)
    R165–R200
  • So 29 Mrt · 10:00Absa Studio (Banketsaal)
    R165–R200

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.