Vrystaat Kunstefees

CRYBABY

Vrystaat Kunstefees · 2026 · 6–11 Julie 2026 · Bloemfontein

Akteur: Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete, Gantane Kusch

Regisseur: Carla Smith

Dramaturg: Carla Smith

Op ’n gewone oggend by ’n dagsorg ontdek die driejarige Samuel die verwoestende krag van die nuus. In ’n oomblik verander hy van ’n sorgelose kind in ’n uitgeputte klein “volwassene”, oorlaai deur tragiese hoofopskrifte en die swaar lot van die mensdom. Crybaby is ’n absurde tragikomedie oor die tol van ’n geldgierige wêreld wat in duie stort. Terselfdertyd is dit ’n liefdesbrief aan mens se kinderjare en ’n skerp herinnering: grootword is nie kinderspeletjies nie. ’n Feesteforum-produksie. Moontlik gemaak deur NATi, ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met die Jobs Fund.

Speeltye · 70 min

  • Wo 8 Jul · 20:00ATKV Wynand Mouton-teater
    R250
  • Do 9 Jul · 13:00ATKV Wynand Mouton-teater
    R250
  • Vr 10 Jul · 15:00ATKV Wynand Mouton-teater
    R250
  • Sa 11 Jul · 20:00ATKV Wynand Mouton-teater
    R250

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.