← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Die kronieke van Buks
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Akteur: André Schwartz, Bryan Schimmel (klavier)
Regisseur: Lihan Pretorius
Dramaturg: André Schwartz
Vervaardiger: André Schwartz
In hierdie komiese kabaret blaf Buks koning in die stofstrate van Paul Roux. ’n Klein wit chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster. Buks trip-trap van huis tot huis, hoor die skinder, hoor die geheime. Hy word bederf met brokkies nuus en brokkies lekkernye. Buks is die toegangspoort tot die lewens van die dorpsmense. Die dorp val uitmekaar en almal lewe op die rand van chaos. Die karakters is eiesoortig en skrikwekkend identifiseerbaar. Tussen die seer en die humor lê die gestroopte musiek van onder andere Billy Joel, naatloos verweef in die narratief van hierdie dorpie. ’n Mikrokosmos van die wêreld waarin ons leef.
Speeltye · 70 min
- Do 2 Apr · 13:30Absa Studio (Banketsaal)R175–R215
- Vr 3 Apr · 16:30Absa Studio (Banketsaal)R175–R215
- Sa 4 Apr · 10:00Absa Studio (Banketsaal)R175–R215
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
