← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Die ‘Real Housewife’
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Akteur: Lizz Meiring
Dramaturg: Lizz Meiring
Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai. Maar wie is nou eintlik die ware “real housewife”? Lizz Meiring skep so ’n fiktiewe karakter. Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans-trop beskou. Jy gaan heerlik lag, kopskud en dalk net iets van jouself of ’n ander vrou na aan jou herken. Hier word oor alles en nog wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “realiteits-TV-sterre”. Dis verrassend, eietyds, warmhartig en baie vermaaklik.
Speeltye · 60 min
- Sa 28 Mrt · 11:00kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)R175–R215
- So 29 Mrt · 19:30kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)R175–R215
- Ma 30 Mrt · 13:00kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)R175–R215
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
