Eugene
Vrystaat Kunstefees · 2026 · 6–11 Julie 2026 · Bloemfontein

Akteur: Carlo Daniels, Lynette du Plessis, Kirby van der Merwe
Regisseur: Nico Scheepers
Dramaturg: Saartjie Botha
Eugene , gebaseer op Kirby van der Merwe se bekroonde roman, is ’n rou, poëtiese portret van ’n man tussen wêrelde: streetwise maar skynbaar middelklas, ’n flaneur, soeker en verlore seun wat werklik sien. Die produksie ondersoek gemarginaliseerde manlikheid, geestesgesondheid en trauma, en raak aan liefde, haat, vertroue, verraad en vergifnis. Met Brechtiaanse vervreemding word sy reis ’n soektog na integriteit en menslikheid te midde van onreg en wanhoop – ’n aangrypende, stylvolle werk. ’n Ko-produksie van Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees & Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC), die Jobs Fund & Het Jan Marais Nationale Fonds.
Speeltye · 75 min
- Di 7 Jul · 10:00kykNET Scaena-teaterR200Bespreek nou ↗
- Wo 8 Jul · 15:30kykNET Scaena-teaterR200Bespreek nou ↗
- Vr 10 Jul · 17:00kykNET Scaena-teaterR200Bespreek nou ↗
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
