Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Granaatsap

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir Granaatsap

Akteur: Zara West, Ancois Bodenstein, Enzo Cocciante, Jean Retief, Kristen Fichardt

Regisseur: Lisa Kukard

Dramaturg: Lisa Kukard

Verhoogbestuurder: Jurie Boshoff

Ná haar heilige droom word Ouma ’n selfaangestelde profeet. En haar huis word haar tabernakel . Daar waar die Onse Vader talm en oorlede Albertus lê, groei die heilige granaatboom – bewyse van Ouma se offerande. Met haar lojale dominee, die twee verbode granate en ’n tingerige kleinkind, hoop Ouma om haar visioene van die nuwe messias te verwesenlik. Maar sy het ’n probleem. Die Dag van die Rooi Son het aangebreek en Ouma se kleindogter is nog nie vrugbaar nie … Die wasgoed verberg ook die kraai. ’n Judas wat twyfel in die kinders – haar maagde – saai. Waar sal haar hulp dan nou vandaan kom?

Speeltye · 60 min

  • Sa 28 Mrt · 09:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)
    R90–R110
  • So 29 Mrt · 13:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)
    R90–R110
  • Ma 30 Mrt · 22:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)
    R90–R110

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.