Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum

Akteur: Chris van Niekerk, Joanie Combrink

Regisseur: Juanita Swanepoel

Dramaturg: Francois Toerien

Verhoogbestuurder: Gaerin Hauptfleisch

Stelontwerper: Francois Toerien

Kostuumontwerper: Stephanie Hough

Vervaardiger: Jean Meiring

In die vyftigs word Peter Blum geloof as die belangrikste digterstem van die dekade, maar sommige vind sy werk “dekadent” en praat van ’n “maaierkultus” in die verskuns. In 1960 verruil hy en sy vrou, Hetta, Suid-Afrika vir Engeland. “Uit walging,” skryf hy. Hy keer sy rug op die skryfkuns, besoekers is weinig en Hetta se geestestoestand raak wankelrig. J.C. Kannemeyer skryf: “Enige mens sal na ’n lewe lank saam met Blum mal geword het.” Met brontekste wat briewe en verse van Peter en Hetta insluit, trap ons in die spore van ’n sonderlinge figuur van ons letterkunde.

Speeltye · 75 min

  • Sa 28 Mrt · 18:00Gimsaal (Scheepersstraat)
    R160–R200
  • So 29 Mrt · 09:30Gimsaal (Scheepersstraat)
    R160–R200
  • Ma 30 Mrt · 14:30Gimsaal (Scheepersstraat)
    R160–R200

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.