Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Internet Sensasie 2.0

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir Internet Sensasie 2.0

Akteur: Mel die Storieverteller

Dramaturg: Melanie Welgemoed

Komponis: Peach van Pletzen

Vervaardiger: Melanie Welgemoed

Soos die 2025-debuut, maar heeltemal anders! Mel die Storieverteller het in 2025 by die KKNK met haar derde komiese vertoning, Internet Sensasie , gedebuteer. Sedertdien is hierdie vertoning meer as 80 keer opgevoer, en soos ’n lomp aartappel wat deur ’n helse tyd gaan om in legendariese vodka te verander, het hierdie show vele gedaanteverwisselings ondergaan. Die begin bestaan nie meer nie en is vervang, die middel het ’n ekstra karakter se storie by en die einde is meesterlik verfyn in ’n chaotiese, komiese extravaganza. Internet Sensasie 2.0 is spesiaal vir die KKNK. Vir almal wat die debuut gesien of misgeloop het, en mal is oor Mel die Storieverteller se skreeusnaakse stories – kom sit aan vir ’n hoë-energie-bediening van komedie uit die boonste rakke.

Speeltye · 80 min

  • Sa 28 Mrt · 14:30kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)
    R145–R175
  • So 29 Mrt · 16:30kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)
    R145–R175

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.