Laataand met Charles Smith: Nuushoof van Netwerk24 in die Vrystaat en die Noord-Kaap
Vrystaat Kunstefees · 2026 · 6–11 Julie 2026 · Bloemfontein

Ek gaan ’n laataand-geselsprogram by kaggelvuur en wyn aanbied waar kuiergaste kan kom ontspan ná ’n vertoning en meer hoor oor ons skrywers, akteurs, en musikante se lewens. Ek hou daarvan om mense aan die gesels te kry oor hulself, hul stokperdjies, lewensuitkyk en dinge wat mense nooit van hulle geweet het nie. Charles Smith is ’n joernalis en redakteur by Netwerk24 en dien as nuushoof vir die Vrystaat en Noord-Kaap. Hy is bekend vir sy werk in die Afrikaanse media, waar hy oor ’n verskeidenheid nuus-, kultuur- en aktuele sake skryf. Deur sy joernalistieke werk en onderhoude dra hy by tot openbare gesprekke oor die samelewing, kultuur en gebeure in Suid-Afrika.
Speeltye · 60 min
- Di 7 Jul · 20:30kykNET-Scaena-voorportaalGratis / toegang
- Wo 8 Jul · 20:30kykNET-Scaena-voorportaalGratis / toegang
- Do 9 Jul · 20:30kykNET-Scaena-voorportaalGratis / toegang
- Vr 10 Jul · 20:30kykNET-Scaena-voorportaalGratis / toegang
- Sa 11 Jul · 20:30kykNET-Scaena-voorportaalGratis / toegang
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
