Mart Marais staan op
Vrystaat Kunstefees · 2026 · 6–11 Julie 2026 · Bloemfontein

Akteur: Ilne Fourie
Regisseur: DeBeer Cloete
Dramaturg: Ilne Fourie
Verhoogbestuurder: Amira van Biljon
Vervaardiger: Ilne Fourie
Wanneer Mart Marais se suinige suster besluit om kostes te bespaar en ’n goedkoop begrafnisondernemer, AVKOP, gebruik, ontspoor dinge dramaties. By die hemelpoorte daag Mart op met ’n eighties-perm so onheilig dat selfs die engele ongemaklik raak. Petrus herken haar nie en stel voor sy wag tot die perm uitgesak het voor sy weer kom aanklop. En so beland Mart – dood, maar nie stil nie – op haar eie begrafnis. Wat volg is ’n nadoodse nagmerrie.
Speeltye · 70 min
- Wo 8 Jul · 11:30kykNET AWO-ouditoriumR180
- Sa 11 Jul · 11:30kykNET AWO-ouditoriumR180
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.
