Klein Karoo Nasionale Kunstefees

MOORDBALLADES

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir MOORDBALLADES

Akteur: Chris du Plessis

En ander minder vrolike verse uit die ‘Groot Vreseboek’ Die bekroonde joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis het onlangs weer vir ’n slag sy musiekvernuf afgepoets met melodieuse weergawes van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as toonsettings van die sexy sestigers wat so gereeld opgedis word”. Die meegaande deuntjies bestaan uit van tradisionele Keltiese volksballades en Zoeloe-straatkitaarmusiek tot bluegrass en rock ’n roll. Tussendeur praat en skerts hy oor die digters en die tydperke en omstandighede waarin hulle gewerk het. Gevra hoe hy die vertoning in een sin sou opsom: “Dis baie snaakser as wat die titel voorgee.”

Speeltye · 75 min

  • Sa 28 Mrt · 16:30Die Windpomp (Cowleylaan)
    R130–R165
  • So 29 Mrt · 10:00Die Windpomp (Cowleylaan)
    R130–R165

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.