← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Oepsie
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Akteur: Christie van Niekerk
Regisseur: Ané Koegelenberg
Dramaturg: Christie van Niekerk
Komponis: Christie van Niekerk
Oepsie , die vertoning wat jou laat dink: “Het sy rêrig ’n liedjie daaroor geskryf?!” Christie van Niekerk nooi jou na ’n komedie wat ewe veel eerlik, ongemaklik en blooswaardig is. Dis verskille tussen die geslagte, ontmoetings wat ontnugter en die prys van bestaan – in die vorm van ’n musikale komedie. Met tong-in-die-kies-humor wys sy dat lag dalk die enigste manier is om sin van dit alles te maak. Hoe anders vra jy vir daardie één oom om jou asseblief op te hou “poplap” noem en aan jou heup te vat?! Oepsie …
Speeltye · 60 min
- Sa 28 Mrt · 18:00Netwerk24 FeeskafeeR145–R175
- So 29 Mrt · 20:00Netwerk24 FeeskafeeR145–R175
- Di 31 Mrt · 16:00Netwerk24 FeeskafeeR145–R175
- Sa 4 Apr · 20:00Netwerk24 FeeskafeeR145–R175
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
