← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Play Things
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Die opwindendste vertoonvenster vir nuwe werk. Play Things is Suid-Afrika se gunstelingruimte vir nuwe werk. Monoloë, sketse, towerkuns, komedie, teksvoorlesings, narrespel en meer. Kyk hoe jou gunstelingkunstenaars hul nuwe idees en onafgeronde werke toets voordat dit volwaardige produksies word, of ontdek opkomende talent nog voordat hulle die aandag trek. Play Things het by die Alexander Bar ontstaan en is al meer as tien jaar aan die gang! Dit pak die teaters vol in Kaapstad en is die afgelope drie jaar nou ook ’n gewilde instelling by die Nasionale Kunstefees – Play Things is net die ding om jou aand mee af te sluit met ’n heerlike kleurvolle mengelmoes van variété-optredes.
Speeltye · 60 min
- Di 31 Mrt · 20:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)R90–R110
- Wo 1 Apr · 20:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)R90–R110
- Do 2 Apr · 20:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)R90–R110
- Vr 3 Apr · 22:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)R90–R110
- Sa 4 Apr · 22:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)R90–R110
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
