← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
PLEKTRUM
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Akteur: Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock, Peter Auret
Regisseur: Ingrid Howard
Dramaturg: Ingrid Howard
Musiekregisseur: Mauritz Lotz
Die Mauritz Lotz-verhaal. Hy is die Suid-Afrikaanse musikant met meer as 4 000 opnames op sy kerfstok. Hy spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammys. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van hierdie legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Mauritz Lotz lig vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent. PLEKTRUM is ’n intieme, persoonlike en outentieke produksie waarin hy vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend. Kom ontmoet die mens agter die kitaar en vind uit van sy ongemaklike andersheid, sy deurlopende inspirasies, eie perspektiewe, komplekse lewe, insiggewende lewensfilosofie en drome – die genie met die plektrum in die hand. Die musikante wat met hom die verhoog deel is die room van ons bedryf.
Speeltye · 75 min
- Ma 30 Mrt · 20:00Die Windpomp (Cowleylaan)R160–R200
- Di 31 Mrt · 13:30Die Windpomp (Cowleylaan)R160–R200
- Do 2 Apr · 17:00Die Windpomp (Cowleylaan)R160–R200
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
