Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Police Cops: The Original

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir Police Cops: The Original

Akteur: Zachary Hunt, Nathan Parkinson, Tom Roe

’n Wêreldklas-trefferkomedie – vir die heel eerste keer by die KKNK! Maak gereed vir ’n verregaande, oordadige ervaring wanneer die internasionaal hoog aangeskrewe, veelbekroonde Police Cops die verhoog in volle vaart tref. Dié vooraanstaande Britse komiese trio herbesoek die treffer waar dit alles begin het – dit is tyd vir herlaai, maar groter en snaakser as ooit. Dis 1976, die pligsgetroue nuweling Jimmy Johnson is vasbeslote om sy broer se dood te wreek … en hy moet dit alleen doen (saam met ’n kollega). Hy begin saam met Harrison, ’n gediskrediteerde speurder, die geheime van ’n saak wilder as hul snorre oopkrap. Die wêreldwye treffer was uitverkoop in Londen se Soho-teater en by die Edinburgh Festival Fringe, en het pryse gewen van Melbourne tot Toronto en van Brighton tot Kaapstad, met resensente in vervoering daaroor. ’n Feesgunsteling waar dit ook al aangebied word: Jy is gewaarborg om laggend by Police Cops uit te stap, en dadelik vir iemand te vertel dat hulle dit nie mag misloop nie! Kaartjies gaan vlieg, so spring in die patrolliemotor voordat dit wegtrek.

Speeltye · 60 min

  • Di 31 Mrt · 09:30kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)
    R190–R220
  • Wo 1 Apr · 13:00kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)
    R190–R220
  • Do 2 Apr · 09:30kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)
    R190–R220

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.