Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Raunchy Renditions

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir Raunchy Renditions

Vervaardiger: Kelly Smith, Sophie Joans, Syd Strydom

Raunchy Renditions is Suid-Afrika se eerste sekspositiewe storievertelplatform waarvan die gewildheid al hoe meer toeneem. Dit is geïnspireer deur podsendings soos The Moth en Bawdy Storytelling , met vyf dapper storievertellers wat hul innemend ongemaklike, skreeusnaakse en gewaagde seksuele (wan)avonture deel. Dit is in 2019 deur Sophie Joans, Syd Strydom en Kelly Smith begin, en sedertdien het Raunchy Renditions landwyd uitverkoopte vertonings gehad. Jy sal stories hoor wat jou oë laat rek en jou mond laat oophang, verhale wat jou sal laat skater, en – bowenal – mense bemagtig om weg te breek van die skaamte rondom die onderwerp van (sjjj) seks … Verlustig jou in die waagmoedige en sluit by ons sekspositiewe storievertelgemeenskap aan.

Speeltye · 60 min

  • Di 31 Mrt · 22:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)
    R90–R110
  • Do 2 Apr · 22:00ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)
    R90–R110

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.