← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Stories onnerie DAK
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Akteur: André Boezak, Willem Fransman jr, Elias P. Nel, Poem Mooney
Hierdie unieke interaktiewe storievertel-ervaring bring gesoute storievertellers byeen, en gehoorlede kry ook ’n beurt – inderwaarheid verskaf hulle die eerste vonk. Die gehoor gooi woorde na twee spanne vertellers wat dan ’n storie uit die woord moet optower! Maar daar is ’n tydsbeperking op elke storie. Soos regte kokke word daar kluitjies gebak. Die erfenis van storievertel is diep gewortel in Suid-Afrikaanse kultuur.
Speeltye · 60 min
- Vr 3 Apr · 16:00Gratis / toegang
- Sa 4 Apr · 12:30Gratis / toegang
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.
