Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Vrou, vrouer, vrouste

Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Plakkaat vir Vrou, vrouer, vrouste

Akteur: Lidi de Waal, Petronel Baard

Regisseur: Petronel Baard

Dramaturg: Lidi de Waal

Komponis: Petronel Baard

’n Unieke en hartroerende produksie met ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Humor en emosie word haarfyn gebalanseer en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking. Volgens Lidi is dit ’n “snaakse, sad , hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self”. Die twee kunstenaars bied nie net vermaak nie, maar ook diep sielsinhoud en menslike insig in ’n formaat wat eg en treffend is. Vrou, vrouer, vrouste – maak die borstrok los en wees deel van hierdie viering van vrouwees, kreatiwiteit en menslikheid.

Speeltye · 90 min

  • Di 31 Mrt · 16:30Die Windpomp (Cowleylaan)
    R130–R160
  • Wo 1 Apr · 13:00Die Windpomp (Cowleylaan)
    R130–R160

Resensies

Wees een van die eerstes om dit te gradeer.

Nog geen resensies nie. Merk dit as Gesien en wees die eerste om te resenseer.