← Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Wonderlike waarhede
Klein Karoo Nasionale Kunstefees · 2026 · 28 Maart 2026 · Oudtshoorn

Akteur: Sonja Louw, Kgahlisho Matloga, Matthew Gray, Jasmine Maduna, Angelique Filter, Cole Wessels, Shannon Hendry
Playback-teater Playback-teatertegnieke word ingespan om stories uit te speel wat deur ’n genooide gas en gehoorlede vertel word. Poem Mooney, bekende storieverteller en mitologiekenner, werk vir hierdie optredes saam met studente en alumni van die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement. Magiese stories en wonderverhale wat te make het met ons natuur (landskap en waterbronne) word opgediep, oorvertel en deur ’n jong geselskap uitgebeeld. In die aard van Playback-teater word gebruik gemaak van improvisasie, en die span spelers en musikante moet op hul voete dink terwyl hulle ’n waardevolle bydrae lewer om ’n ryk storienalatenskap lewendig te hou.
Speeltye · 60 min
- Di 31 Mrt · 12:30Gratis / toegang
- Wo 1 Apr · 16:00Gratis / toegang
- Do 2 Apr · 16:30Gratis / toegang
Resensies
Wees een van die eerstes om dit te gradeer.
